top of page

Kies asseblief die Afrikaanse knoppie hieronder vir informasie in Afrikaans.

Dr. Lynette Reynders

Dr Lynette Reynders is n' gespesialiseerde mediese praktisyn wat gevestig is in Lyttelton, Gauteng. Dr Reynders het die deure na haar privaat praktyk geopen in 1992 en het n' bekende naam geword onder diegene in haar spesialiteits veld vir meer as 28 jaar. Dr Reynders hou kwalifikasies in MbChb, a diploma in Midwifery en n' M Med in Obstetrie en Ginekologie.  Dr Reynders is ook n' lid van die Health Professions Council of South Africa as ook die South African Society of Obstetricians and Gynaecologists. Boonop die dienste in haar praktyk, is Dr Reynders betrokke in vroulike gesondheids navorsing op n' internasionale vlak.

 

"Doing what you like is freedom

Liking what you do is happiness"

IMG-20200401-WA0032_edited_edited.jpg
Home: Services

Mediese Dienste

Roetine gynae ondersoek

n’ Roetine gynae opvolg behels n’ 30-minute konsultasie met jou dokter om seker te maak dat jou voorplantingsgesondheid en vroulike gesondheid in geheel goed is (dit behels kanker sifting). Eerste konsultasies behels n' omvattende mediese agtergrond waar die dokter vrae sal vra oor jou mediese geskiendenis en seksuele aktiwiteit. Daarna sal die roetine ondersoek die volgende behels:

  • algemene gesondheids toets (bloeddruk, kliere word getoets, sensitiwiteit van buik ens.)

  • ondersoek van borste

  • buik/vaginale sonar

  • ondersoek van die bekken

  • papsmeer*

*Monsters van die papsmeer word na n' laboratorium gestuur vir ontleding. Pasiente sal gekontak word aangaande die resultate. n' Aparte faktuur sal ontvang word vanaf die laboratorium vir dienste verskaf. 

Prenatale sorg en Verlossing

Swangerskap is n’ wonderlike tyd in enige vrou se lewe. Prenatale sorg behels verskeie evaluasies en dienste wat afhang van hoe ver die swangerskap is en die vereistes van die pasient. Ondersoeke behels normaalweg n’ evaluasie van die swangerskap (of daar enige klagtes/bekommernise is), uriene toets, bloeddruk toets, gewig word gemeet en n’ ultraklank toets word gedoen om te verseker dat beide ma en baba gesond is. Boonop sal jou dokter jou lei tydens hierdie lewens mylpaal en jou geboorte plan bespreek. Konsultasies verloop normaalweg elke vier weke tot en met week 28, daarna word twee besoeke n week vereis tot en meet week 36, en dan n weeklikse besoek daarna. Dr Reynders wil verseker dat u die veiligste geboorte plan beskikbaar aan u sal hê.

Beperkte fertiliteit dienste  

Dr Reynders help vrouens/paartjies wat sukkel om swanger te raak deur beperkte fertiliteit dienste te verskaf. Hierdie dienste behels ovulasie-induksie en intra-uteriene insiminasie (IUI). Ovulasie induksie is n' behandeling van vrugbaarheids hormone om die eierstokke te stimuleer om n’ volwasse folikel te produseer. Behandeling kan mondelings medikasie of inspuitbare medikasie behels. Waneer ovulasie plaasvind, word dit normaalweg gekombineer met intra-uteriene insiminasie. Pasiente wat kan baat by ovulasie induksie en  IUI is individu met onverklaarbare onvrugbaarheid, PCOS, endometriose en overiale disfunksie.

Spesiale belangstelling

Dr Reynders het n’ spesiale belangstelling in menopouse en hormoon vervanging terapie. Menopouse is a natuurlike kondisie wat vrouens bo n' sekere ouderdom afekteer waartydens die produksie van estrogeen en progestoreen verlaag. Dit kan verskeie simptome voortbring soos abnormale menstruasie, nag sweet, "hot flashes", vaginale droogte, haar verlies, gewig optel, probleme met geheue en aandag ens. Om hierdie simptome te verlig, word hormoon vervanging terapie voorgestel wat hormone verplaas wat nie meer natuurlik geproduseer word nie. Verskeie metodes is beskikbaar en kan met jou dokter bespreek word.

Home: Contact

119 Cantonment Road, Centurion, 0157

Tel: (012) 664 0261

Contact Us/Kontak Ons

Kontak Ons

Dankie

bottom of page